Afrikaans Bible

JOB 16

JOB

Return to Index

Chapter 17

1

My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

2

Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.

3

Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?

4

Want U het hulle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

5

Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel -- die oë van sy kinders sal versmag.

6

Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

7

Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.

8

Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

9

Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

10

Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie.

11

My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

12

Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis.

13

As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

14

die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

15

waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

16

Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.

JOB 18

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: