Afrikaans Bible

PSALMS 82

PSALMS

Return to Index

Chapter 83

1

'n Lied. 'n Psalm van Asaf.

2

o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!

3

Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

4

Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.

5

Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

6

Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:

7

die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,

8

Gebal en Ammon, en Amalek, Filist‚a saam met die inwoners van Tirus.

9

Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.

10

Maak met hulle soos met M¡dian, soos met S¡sera, soos met Jabin by die spruit Kison:

11

hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.

12

Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmuna,

13

wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!

14

My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.

15

Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek --

16

vervolg hulle so met u storm en verskrik hulle met u stormwind.

17

Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!

18

Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; [ (Psalms 83:19) sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde. ]

PSALMS 84

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: