Afrikaans Bible

SPREUKE VAN SALOMO 9

SPREUKE VAN SALOMO

Return to Index

Chapter 10

1

Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.

2

Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.

3

Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.

4

Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.

5

Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.

6

Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

7

Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.

8

Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

9

Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

10

Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.

11

Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.

12

Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.

13

Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

14

Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.

15

Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.

16

Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.

17

'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

18

Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

19

By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

20

Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.

21

Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

22

Die seën van die HERE -- dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

23

Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.

24

Waar die goddelose bang voor is -- dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

25

Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.

26

Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.

27

Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.

28

Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

29

Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

30

Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.

31

Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

32

Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

SPREUKE VAN SALOMO 11

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: